Welkom by Solidariteit Helpende Hand se Oos-Kaap en KZN-Suid-streek – waar hoop hande en voete kry. In 'n tyd van uitdagings en onsekerheid staan ons vas in die geloof dat elke mens 'n verskil kan maak. Ons strewe is om gemeenskappe deur middel van diensbaarheid, medemenslikheid en volhoubare ondersteuning te versterk. Hier bou ons nie net strukture nie – ons bou mense op.
Ons jaartema vir 2026 is Werksyn – 'n roepstem tot aksie om werkbare oplossings te skep vir verskeie tipes armoede en afhanklikheid. Hierdie jaar fokus ons op praktiese oplossings en die uitbreiding van ons vrywilligersnetwerk. Ons glo dat elke hand wat help, 'n lewe kan verander – en dat ware werksyn begin by mense wat omgee.
Sluit vandag aan by ons beweging van hoop! Word 'n netwerkvennoot wat impak maak, 'n vrywilliger wat 'n verskil maak, of 'n donateur wat dinge moontlik maak. Jou betrokkenheid is die brug tussen nood en 'n nuwe begin. Saam bou ons 'n toekoms waar elke mens weer kan sien – en glo – daar is werk, daar is hoop, daar is Helpende Hand.
Ons ondersteun:
- 62 leerlinge met koshuisgeld, busvervoer, terapie en skryfbehoeftes (Bemagtig 'n Kind-projek)
- 6 leerders in graad R en graad 1 met arbeidsterapie (Ons Plekke)
- 12 studente met altesaam R332 100 uit ons gemeenskapstudiefondse (die Helpende Hand Studietrust)
- Verskeie kinders en ander behoeftiges met skooltasse, voeding, sanitêre ware en gebreide prosteses (Skooltassie-, Kosblikkie-, HelpJag-, HelpHetta-, en Breinaald-projek)
Ontmoet ons personeel
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel