
Helpende Hand Oos-Kaap en KZN-Suid sê: "Hier's my hand! Waar's joune?"
Die Oos-Kaap-streek bestaan uit die hele Oos-Kaapprovinsie, en die KZN-Suid-streek bestaan uit KwaZulu-Natal-Suid, van Port Edward tot by Umhloti in die ooste en Mooirivier in die noorde.
Die streek se personeel is Marlene Basson (streeksorganiseerder), Lize van Zyl (maatskaplike werker), Marthie Maritz (maatskaplike hulpwerker) en Adele Wright (kliëntediensbeampte).
Die span se doel is om maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling deur middel van volhoubare projekte en programme te bevorder onder Helpende Hand se fokusgroepe: kinders, ouer persone, persone met gestremdhede en gesinne.
Talle taklede wat as vrywilligers by Helpende Hand betrokke is, help om die projekte en programme te implementeer. Die Ons Winkels dien weer die gemeenskap deur bekostigbare tweedehandse goedere te verkoop en die inkomste word ook aangewend ten bate van die projekte en programme.
Gemeenskapsontwikkeling het verskillende fokuspunte wat almal ewe belangrik is vir die effektiewe ontwikkeling van die gemeenskap. Solidariteit Helpende Hand glo individue moet in hul gemeenskappe basiese opleiding ontvang en ontwikkel word.
Kom ons vat hande en raak saam op die volgende maniere betrokke:
- Skakel in by jou naaste Helpende Hand tak.
- Ondersteun Helpende Hand deur middel van 'n eenmalige, jaarlikse of maandelikse finansiële bydrae.
- Skenk bruikbare items aan enige Ons Winkel.
- Stig of befonds 'n gemeenskapstudiefonds.
Ontmoet ons personeel





Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel
